OPSOMMING VAN KOERANTBERIGTE SEDERT 1 JUNIE 2007
1. Verbruikersregte en Kredietwet
Heelwat ruimte is aan die in werking treding van die Kredietwet afgestaan, en daar is verskeie berigte oor die nuwe regte van verbruikers om hulle in te lig van die wet. Die media lig verbruikers in dat hulle nou piesangs met piesangs kan vergelyk as kwotasies by uitleners verkry word.
2. Lenings voor die aanvang van die wet
Huislenings en persoonlike lenings by sekere finansiële instellings het volgens mediaberigte in die paar maande voor die aanvang van die wet die hoogte in geskiet.
3. Kredietrekords
Die publiek is by herhaling ingelig dat sekere inligting op kredietrekords nou verwyder moet word, en dat hulle kan nagaan of dit wel gedoen is.
4. Bankverhore by mededingingskommissie
Hierdie aangeleentheid het heelwat mediadekking gekry en die banke is voortdurend uitgevra oor die kostestruktuur en koste van diens aan kliënte. Die banke skerm vir hulleself deur ‘n redelike gesamentlike front voor te hou, deur te beweer dat kostes internasionaal vergelykbaar is en dat die mededingingskommissie hulle opdrag en implementering van wetgewing te wyd implementeer.
Banke beweer voor die Mededingingskommissie dat hoë fooie vir mense wat reëls oortree, nie boetes is nie, maar daarop gemik is om kliënte op te voed en te leer.
Alles in ag genome is Suid-Afrikaanse banke hoogs winsgewend.
5. Ontwikkeling van SMME’s
'n Aantal berigte dui op die mislukking van stelsels om SMME's behulpsaam te wees en van die grond af te kry. Die nuwe hoop vir verbetering hiervoor is die "Co-operatives Bank Act" wat moontlik teen die end van die jaar in plek sal wees. Nafcoc het reeds aangedui dat hulle besig is om so 'n bank te stig wat diens aan hulle lede sal lewer (berig aangeheg).
Onder die nuwe kredietwet staan banke feitlik geen lenings aan enige persoon wat in sy eie besigheid staan, dus kleinsake-ondernemings, toe nie.
Sedert 2001 vaar Suid-Afrika baie swak, internasionaal gemeet, met die skep van nuwe ondernemings, en sedert 2001 versleg die posisie elke jaar.
Brittanje het die Africa Enterpise Development Fund gestig om veral landbouverwante kleinsake in Afrika te stimuleer.
Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie het 'n goeie wins gemaak (danksy beleggings in SASOL, Foskor ens) en 74% van sy nuwe lenings aan kleinsake-ondernemings beskikbaar gestel.
Standard Bank en Khula het 'n ooreenkoms gesluit oor samewerking en finansiering vir mediumgrootte sake-ondernemings.
Die Landbank is steeds oneffektief en besig met 'n regrukaksie.
Banke slaag nog nie daarin om kleinsake-ondernemings te finansier nie.
Entrepreneurs sukkel steeds om finansiering te kry.
SAMAF die nuutgestigde staatsfinansierder wat fondse vir kleinsake via finansiële tussengangers beskikbaar stel, het 'n gekwalifiseerde ouditverslag ontvang. Hulle het gedurende die boekjaar R55 miljoen se lenings toegestaan.
6. Uitwerking van Kredietwet
Verskeie berigte rapporteer oor die uitwerking van die kredietwet in die algemeen. Sommige van die gevolge is soos volg:
Minder huislenings word toegestaan.
‘n Groter behoefte na huurhuise ontstaan.
Minder voertuigfinansiering word toegestaan.
Banke se koste om aan wetgewing te voldoen, is tans R2 biljoen per jaar en 'n groot bron van kommer vir die banke.
Kredietverlening in die kleinhandel het afgeneem.
Die kredietwet benadeel in effek lae-inkomstegroepe wat in meeste gevalle nou meer vir lenings moet betaal, of afgekeur word.
Banke toon 'n afname in rente-inkomste.
Die kredietwet beïnvloed die betaling van skoolgelde nadelig.
Aandelepryse van kleinhandelaars wat krediet verskaf het merkbaar gedaal.
Die kredietwet bring baie hoër kostes vir kleinhandelaars in die meubel- en klerebedryf mee.
7. Millenium doelwitte
Die regering se millennium doelwitte is om armoede teen 2014 te halveer. Volgens ABSA kan dit net bereik word as die regering sy sosiale besteding volhou en uitbrei.
8. Rasionalisasie en aanpassings in mikroleenbedryf
Heelwat konsolidasie en uitbreiding na Afrika-lande vind plaas om skaalvoordele te kry en in die buiteland te kompenseer vir verlaagde omsette plaaslik.
Abil oorweeg en onderhandel om Ellerines uit te koop.
Blue Financial Service het 78 plaaslike takke en het 'n groot ontplooiingsveldtog in Afrika aan die gang. Hulle het ‘n ooreenkoms met die Wêreldbank bereik.
Blue Chip (OVS en Wes-Kaap) is vir R42 miljoen oorgeneem deur Finbond
Kagisano het genotter en beplan 90 nuwe takke teen 2009.
Die JD-groep kondig aan dat hy sy finansiële sake losmaak van sy hoofbesigheid en ‘n strategiese belsuit daaromtrent gaan neem.
9. Omvang van skuld
Die opkomende swart middelklas se skuld is bykans 100% vir huislenings en motorfinansiering.
Suid-Afrikaners bestee tans ongeveer 10% van hulle besteebare inkomste aan die betaling van skuld, wat amper 2% hoër is as 2 jaar gelede.
Slegte skuld maak Woolworths seer.
Die JD-groep het 'n groot verhoging in slegte skuld.
Die JD-groep kry baie swak media-blootstelling oor kostes wat onregmatig van kliënte gevorder is en nie terugbetaal word nie.