Language Policy / Taalbeleid
Download the language policy of all the AMSA offices as approved by the NCR through the intermittence of the MFSA here as a Word doc
Laai die NCR-goedgekeurde taalbeleid van die AMSA kantore wat deur bemiddeling van die MFSA bewerkstellig is, hier af as 'n Word doc
Nota vir kantoorbestuurders:
Opgesom is die Taalbeleid soos volg:
Kantore onderneem om personeel in die onderneming beskikbaar te hê wat vlot in die twee geïdentifiseerde tale per streek kliënte kan help. Dit kan meer as een persoon wees wat elk in 'n ander taal kan kommunikeer.
Verder onderneem kantore om alle tersaaklike dokumentasie in minstens die twee geïdentifiseerde tale per streek beskikbaar te stel. AMSA is reeds besig met die vertaling van hierdie dokumentasie en dit sal binne die neergelegde tydskedule programmaties in Elfin opgeneem word.
Die taalbeleid bepaal ook dat kantore deelneem aan 'n MFSA-projek wat soos 'n hulp- of dienssentrum inligting aan kliënte kan beskikbaar stel.
Tydskedule:
Die tydskedule verwys na die registrasiedatum van die kantoor vir 2010 as die verwysingsdatum vir die Taalbeleid.
Die tydskedule is soos volg:
1. Personeel wat die twee tale magtig is moet binne 6 maande na registrasie beskikbaar wees.
2. Die Kwotasie/voor-ooreenkoms
staat en die Leningsooreenkoms moet binne 12 maande na
registrasie
beskikbaar wees.
3. Alle ander tersaaklike dokumentasie moet binne 24 maande na registrasie beskikbaar wees.
4. Skakel in by die MFSA hulpsentrum en stel dit bekend wanneer dit tot stand kom.:
NCR Verdere versoeke en bepalings
Nadat die taalbeleid deur 'n kantoor op 'n interne vergadering goedgekeur en aan die NCR vir hulle goedkeuring voorgelê is, gebeur die volgende:
Die NCR stuur 'n brief aan die kantoor waarin die Taalbeleid goedgekeur word en versoek:
1. Dat die kantoor aan
hulle bevestig dat met die instel van die Taalbeleid binne 3 maande na
registrasie
begin sal word.
2. Dat 'n Webadres of ander kontakpunt verskaf word waar kliënte die Taalbeleid kan kry.
3. In sommige streke versoek die NCR dat ook aan die taal van minderhede aandag gegee moet word.
Kantore se optrede is dus soos volg:
1. Ontvang 'n versoek van die NCR dat u 'n Taalbeleid aan hulle moet voorlê.
2. Laai die pro forma Taalbeleid van hierdie webbladsy af.
3. Maak 'n behoorlike opname van veral die dominante tale in u omgewing.
4. Vul die Taalbeleid
dienooreenkomstig in en aanvaar dit op 'n formele vergadering van u onderneming,
waarvan u
notule hou..
5. Lê die Taalbeleid aan die NCR voor en wag vir goedkeuring.
6. Die NCR sal 'n goedkeuringsbrief aan u stuur.
7. Bevestig aan die
NCR dat u binne 3 maande na registrasie die plan sal begin implementeer en
verskaf AMSA se
webadres
www.amsa.co.za as punt waar kliënte 'n afskrif van die taalbeleid kan kry.
Meld ook dat u een op u
toonbank beskikbaar hou.
8. Lei u personeel op
en maak seker dat u in die kantoor kliënte t. o. v. al die aspekte van die
lening in die twee
dominante tale kan bedien. Waar die NCR
aanbeveel dat u ook na 'n ander taal in 'n streek kyk soos volgens hulle
navorsing bepaal, word aanbeveel dat u dit
doen.
9. Toon op versoek u Taalbeleid aan kliênte of verwys hulle na die AMSA webbladsy.
10. AMSA sal u inlig soos en wanneer dokumente in die verskillende tale in Elfin beskikbaar sal wees.