Die AMSA Vergunning

1.   Inleiding

AMSA SA (Edms) Bpk  is 'n geregistreerde bestuursmaatskappy en sy vergundes dryf handel as CashWise,  Bafana Finance en NeWay Financial Services, drie vergunningsgroepe  in die mikrofinansieringbedryf. 

AMSA se konsessiehouers bedryf hul besigheid onder die Nasionale Kredietwet en word deur die Nasionale Kredietreguleerder gereguleer.

As suksesvolle groep het AMSA landwyd reeds honderde sakemanne bygestaan om kantore in geselekteerde gebiede te open en met behulp van die voordele en beskerming wat ‘n groep van hierdie omvang bied, hulle eie besighede te vestig en te ontwikkel.

AMSA roem daarop dat hy sakegeleenthede met 'n goeie potensiaal, en met behoorlike leiding  en rugsteun, aan sy vergundes bied.  Verder streef hy na onberispelike etiese optrede, en is hy die markleier met gerekenariseerde lenings- en finansiële bestuurstelsels, wat intern ontwikkel is.

Die konsessiehouers verkry nie net voordele soos om te deel in 'n wenresep nie, maar verkry ook voordele wat aan 'n groot groep soos AMSA verbonde is, soos onderhandelingskrag, bedinginsmag, nasionale blootstelling, beskerming, status ens.  Voordele wat nie vir 'n klein of alleenstaande onderneming beskore is nie, en waarsonder hulle kwalik in die toekoms sal kan oorleef.

AMSA is 'n stigterslid van die MFSA, wat deur die regering erken en hoog aangeskryf word, en wat as bedryfsorganisasie hom beywer vir  etiese en professionele optrede in die bedryf.

Strategiese alliansies op sekere terreine dra by tot die sukses van die groep.

2.   Produkreeks

Produkte wat op hierdie stadium volgens behoefte van die mark aangebied word, is:

Korttermynlenings (30 dae)

Langtermynlenings (tot 4 maande  -  slegs by spesifieke kantore)

3.   Missie en Visie – AMSA

Die AMSA Missie

Die skep en oorhoofse bestuur van winsgewende sakegeleenthede in die vorm van vryevergunnings in die mikrofinansieringsbedrywe  aan gekeurde entrepreneurs.

Die AMSA Visie

Om deur die nastreef van professionalisme en etiese norme, te ontwikkel tot die vernaamste onafhanklike rolspeler in die Suid-Afrikaanse mikroleenbedryf.

4.   Mikro Finansiering Suid-Afrika (voorheen die MLA)

Die MFSA is 'n vrywillige assosiasie wie se lede verbind is tot die opheffing en bemagting van landgenote, en verbreding en ontwikkeling van die ekonomie, deur die verskaffing van finansiering op 'n etiese, professionele en bekostigbare basis.

Die MFSA verteenwoordig groot groeperinge en individue in die mikrofinansierings-bedryf, en is 'n voorstander van 'n gereguleerde bedryf, in welke opsig daar as 'n verteenwoordigende assosiasie met bepaalde hefkrag, volle samewerking aan die owerhede verleen word.

Die MFSA speel 'n belangrike rol ten einde sy lede se professionalisme en diens te verbeter en om die status van die bedryf as rolspeler in die hoofstroom van die Suid-Afrikaanse finansiële dienstesektor te verhoog. Die MFSA is sy lede se spreekbuis en pleitbesorger by die owerhede en ander instansies.

AMSA is 'n stigterslid van die MFSA.

5.   Personeelstruktuur

AMSA se personeelstruktuur bestaan uit ±20 personeellede wat in verskeie departmente werksaam is, aangevul deur kontraktuele bystand vir, bv Regsdienste en Programontwikkeling.

6.   Vergundes

Daar is meer as 100 konsessiehouers  landwyd  in die groep in bedryf, elk met sy eie kantoor- en personeel-infrastruktuur, terwyl bestuursdienste aan ongeveer 60 Thuthukani-kantore gelewer word..

7.   Agtergrond en Bedryfsrekord van AMSA as Vergunner

AMSA is 'n nasionale mikrofinansieringsgroep,  met ander woorde 'n diensonderneming in die mikroleenbvedryf.  AMSA het sy bestaan daaraan te danke dat hy die informele mark as sy kliëntebasis het, daardie deel van die publiek wat gewoonlik nie deur die formele banksektor bedien word nie.

AMSA verskaf professionele finansiële dienste aan sy kliënte volgens 'n streng etiese kode en spesifieke neergelegde riglyne en 'n gedragskode, wat verseker dat 'n kliant altyd binne sy terugbetaalvermoë leen.  Dit is daarom nie vreemd dat verskeie werkgewers voorkeur daaraan gee dat hulle werknemers lenings by die AMSA-groep opneem nie, aangesien die belang van die werknemer en die werkgewer deurgaans beskerm word.

Een van AMSA se sterkste bemarkingshulpmiddels, is die unieke en kenmerkende korporatiewe identiteite wat hy teen 'n aansienlike kapitale uitleg vanaf dag een vir CashWise en op 'n later stadium vir die ander twee groepe daargestel het.   Die uitdra van die eenvormige korporatiewe identiteit vir elke groep word beskerm en nougeset toegepas.

AMSA funksioneer met sy Hoofkantoor en verskillende departemente as 'n gestruktureerde organisasie vanaf Naboomspruit in die Noordelike Provinsie.  Departemente sluit in Finansies, Personeel en Administrasie, Opleiding, Bemarking, Inligtings Tegnologie, Regsdienste en Streekbestuur.

AMSA roem daarop dat hy op verskillende terreine die leier in die bedryf is.  Dit sluit in die ontwikkeling van rekenaarprogrammatuur in die vorm van 'n eiesoortige finansiële bedryfstelsel (Elfin) vir uitsluitlike gebruik deur sy vergundes, sowel as ‘n praktiese stelsel van Streekverteenwoordiging waardeur op ‘n deurlopende basis met kantore geskakel word, opleiding aangebied, riglyne verskaf en beheer en kontrole uitgeoefen word. ‘n Streekverteenwoordiger is verantwoordelik vir elk van AMSA se 12 streke landwyd.

Opleiding van eie en takpersoneel om hulle behoorlik vir hulle take toe te rus, is ‘n prioriteit vir AMSA en vind deurlopend plaas.

Bemarking geniet voorkeur aandag en word volgens voorskrifte van die korporatiewe handleiding en volgens bemarkingsplanne vir kantore uitgevoer. Personeel tot op die laagste vlak van die onderneming word betrek in die opstel van bemarkingsplanne.

Dit is 'n doelwit van AMSA om die mikrofinansieringsbedryf op 'n professionele basis te dien en uit te bou, in belang van die rol wat dit speel om kliënte te bemagtig en onder andere werkskepping in Suid-Afrika te bevorder.

8.   AMSA se Sosiale Verantwoordelikheidsin

Aangesien AMSA sy bestaan regverdig in die mark vir mikroleners, kom hy ook sy sosiale verantwoordelikheid na deur waar moontlik by te dra tot bemagtiging van sy kliënte en hulle gemeenskappe.  Selektiewe borgskappe van sportmanne, bv sokkerspanne of boksers, en van kultuurgroepe soos kore en musikante, vind plaas.  

In ooreenstemming met die nasionale beleid, bevorder AMSA opheffing en werkskepping regdeur Suid-Afrika. 

In die AMSA-groep self is bykans 1200 permanente werkgeleenthede vir personeel uit minderbevoorregte groepe reeds geskep, en ontvang hierdie personeelkorps deurlopend toepaslike bemagtiging en opleiding om hulle toe te rus vir hulle belangrike dagtaak.

9.   Toekomssiening

Na vyf suksesvolle jare in die mikroleenbedryf, en 'n tydperk van ongekende groei, is die toekomssiening van AMSA en die bedryf rooskleurig.

AMSA gaan voort om sy kliënte met professionele raad en advies te bedien, en om lenings aan diegene wat kwalifiseer beskikbaar te stel.

AMSA staan ook steeds die hoogste etiese en morele optrede in die bedryf voor, en handhaaf die visie dat geeneen van sy kliënte as gevolg van AMSA se toedoen ooit in 'n skuldspiraal vasgevang moet word nie.  AMSA steun daarom die MFSA, waarvan hy 'n stigterslid is, en die owerhede om die bedryf sinvol te reguleer, maar om ook die bedryf se bestaansreg op 'n ekonomiese basis te verseker.

Intern het AMSA spesifiek ten doel om sy netwerk van kantore landwyd uit te brei, om sy produkreeks volgens die behoefte aan sy kliënte uit te brei, en om tot voordeel van sy vergundes moontlik ander bedryfsvertakkinge van die ekonomie te betree. 

Samewerking met bemagtigingsgroepe in hierdie verband, en internasionale alliansies, is nie uitgesluit nie.

 10.   Waarom AMSA  deur leners verkies  word

AMSA se kliënte is vir hom belangrik, en die rede vir sy voortbestaan.  Klante word met agting en respek behandel, en beloon vir prestasie.

AMSA verkry die samewerking van sy kliënte se werknemers, om so gesamentlik die belange van die kliënt en die werkgewer te beskerm.

AMSA tree streng op volgens wetlike voorskrifte op..

AMSA het kontroles in plek waardeur verseker word dat kliënte net bedrae kan leen wat binne hulle terugbetaalvermoë is, en wat ‘n kliënt nie in ‘n skuldspiraal plaas, of sy inkomste  uitput nie.  In hierdie opsig word waardevolle finansiële advies aan die klant verskaf. 

AMSA se gevorderde administratiewe en rekenaarstelsels en -programme is doeltreffend en akkuraat, en op 'n landwye netwerk beskikbaar.

AMSA word soos 'n besigheid met behoorlike finansiële bestuur en kontroles bedryf.

AMSA se klante word openlik en ten volle ingelig van hulle leningsposisie en uitstaande bedrae

Geen administratiewe heffings of aansoekgelde word gehef nie

AMSA as stigterslid van die MFSA en onderskryf die MFSA se gedragskode ten volle, en het die volle rugsteun van hierdie belangrike bedryfsorganisasie.

AMSA se etlike duisende tevrede kliënte landwyd bevestig AMSA se doeltreffendheid en status as 'n gesonde en betroubare finansiële instelling

11.   Beskikbare vergunnings

Persone wat bereid is om die uitdaging van 'n eie onderneming, harde werk en vindingryke bemarking te aanvaar, sal waarskynlik inpas in die AMSA-besigheidsomgewing.  Volle in diens-opleiding en rugsteun word aangebied. 

Belangstellendes kan gerus met een van AMSA se Streekverteenwoordigers in verbinding tree vir nadere besonderhede en 'n moontlike onderhoud, waarna 'n blootleggingsdokument en formele aansoekvorm aan die aansoeker beskikbaar gestel kan word.